top of page

Met trots gemeld in:

Media:

Sarah Dougal en Desire Hartslief het met 'n klein markie in Desire se tuin begin.  Hulle het oorspronklik ‘n besigheid gehad wat rame gemaak het, en het besluit om van die hout en rame wat oorbly tydens die mark aan hulle eie kliënte te bied en ‘n paar mede-uitstallers te nooi. So het die eerste mark begin met 18 uitstallers in 2002.

​

Die mark was so gewild dat die volgende Kersmark, Desire se tuin, ateljee en sitkamer oorgeneem het, soos wat meer uitstallers belanggestel het. Die derde was nog groter en toe die vierde Kersmark open is dit gehou in ‘n plaaslike gastehuis in Delmas. Elke vertrek (insluitend die badkamers!) het uitstallings gehad, met ‘n teetuin wat in die oprit van die gastehuis verskyn het.

​

Ria vd Hoff & Jetske Fouche het vanaf die derde Kersmark meer betrokke begin raak by die organisering van die Kersmark.  En met die vierde Kersmark is daarbesef die ding ruk nou hande uit. Dit is waar 'n besluit geneem is om saam die Kersmark as ‘n besigheid te begin bedryf. Die Kersmark is aanvanklik by die NG Moedergemeente op Delmas gehou. Die Kersmark is daarna vir vier jaar in die Moedergemeente se saal gehou, maar die belangstelling het so uitgekring dat daar weereens na ‘n groter lokaal toe getrek moes word om al die uitstallers te huisves. So is die mark vanaf 2007 tot op datum by die Hervormde Kerksaal gehou.

​

Vanjaar vind die 18de Delmas Kersmark plaas en spog ons met uitstallers van regoor die land. 

Besoekers ry baie ver om hierdie unieke en baie spesiale Kersmark te besoek. 

​

Lorraine Swanepoel (Kokkedoor Deelnemer) hanteer die teetuin, met die naam Cafe Rose vir die 2de jaar vanjaar en bederf die gaste met kos & gebak uit die boonste rakke.

​

Die Kersmark is vir  ons 'n passie, 'n liefde vir kreatiwiteit wat elke jaar groei. 'n Saamkuier geleentheid vir die inwoners van Delmas en omgewing en nuwe vriende wat ons ontmoet en ons paaie kruis.

​

Sonder die ongelooflike en lojale uitstallers wat al oor baie jare saam met ons die pad stap kan Die Delmas Kersmark nie so suksesvol wees nie. 

​

Dankie aan elkeen wat die pad saam met ons gestap het ... van toeka tot nou!

​

​

bottom of page